Weens hoë troebelheid na die onlangse swaar reënval en weerlig by die Caledonrivierstreek, kan inwoners van die Manguang Metro Munisipaliteit (MMM) moontlik Donderdag watertoevoeronderbrekings ondervind.

MMM se hoofbestuurder van kommunikasie, Qondile Khedama sê in ‘n kennisgewing dat die stad se waterdiensverskaffer, Vaal Sentraal Water, watertenkwaens op bystand hou en beskikbaar sal stel soos die behoefte ontstaan.

Hy sê ook dat die MMM inwoners voortdurend op hoogte van die vordering sal hou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×