Die departement van water en sanitasie het die voorgestelde regulasies vir toegang tot staatswaterwerke en omliggende grond vir ontspanningsdoeleindes, teruggetrek.
Die konsepregulasies is in Maart in die Staatskoerant gepubliseer vir ‘n tweede ronde openbare kommentaar.
Die departement sê die konsepregulasies is teruggetrek, nadat die openbare kommentaar oorweeg is.
Nuwe voorgestelde regulasies sal uitgereik word sodra die hersieningsproses afgehandel is.