Wayde van Niekerk het Dinsdagmiddag vir Akani Simbine sy eerste nederlaag sedert 2019 toegedien

 Wayde van Niekerk het Dinsdagmiddag vir Akani Simbine sy eerste nederlaag sedert 2019 toegedien

Die Bloemfonteinse Olimpiese atleet, Wayde van Niekerk, het Dinsdagmiddag vir Akani Simbine sy eerste nederlaag sedert 2019 toegedien, nadat hy hom in die 200 m in die Ruimsig-stadion in Roodepoort gewen het.

Netwerk24 berig daar het ‘n swaar reënbui uitgebreek enkele minute voor die hoogtepunt, maar die atlete was egter min gepla.

Simbine het ‘n voorsprong gehad die eerste 90 m van die wedloop voordat Van Niekerk sy uithouvermoë oor die laaste 50 m ten toon gestel het om die wenstreep in 20.10 sekondes oor te steek.

LeandreAdmin@