Wayde van Niekerk is aangewys as Laureus-ambassadeur

 Wayde van Niekerk is aangewys as Laureus-ambassadeur

Die Bloemfonteinse Olimpiese kampioen en wëreldrekordhouer, Wayde van Niekerk, is aangewys as Laureus-ambassadeur.

Netwerk24 skryf hy sluit hom sodoende aan by ‘n uitgelese groep plaaslike sportsterre.

Dit sluit in Desiree Ellis, die nasionale vrouesokkerspan afrigter, Bafana Bafana-legende Lucas Radebe
asook Springbokke soos Jean de Villiers, Corne Krige en Bryan Habana.

Morné du Plessis, voorsitter van die Laureus Sport for Good-stigting sê hy is in sy noppies met Van Niekerk se aanwysing.

Van Niekerk het gesê die gewig wat die uitnodiging as ambassadeur dra ontgaan hom nie.

Laureus Sport for Good is ‘n internasionale liefdadigheidsorganisasie wat jong mense deur middel van sport en sportsterre inspireer om bo geweld, diskriminasie en ander omstandighede uit te streef.

LeandreAdmin@