WB-RUGBY – Die Springbokke het gisteraand teen ’n begeesterde span van Tonga hul groepwedstryd in Marseille met 49 – 18 gewen en seker gemaak van hul plek in die kwarteindronde van die 2023 Rugby Wêreldbeker-toernooi.

Die Groen en Goud het 7 keer gaan druk terwyl die See-Arende self 3 keer agter die doellyn grond gaan koop het.

Die eilandspan het met hul beste vertoning vorendag gekom en die Bokke met inklimpsel voorlangs probeer sagmaak. Die Bok-agttal met ’n skitterende Deon Fourie wat ook as die Speler-van-die-Wedstryd aangewys is het goed kombineer met veral Marvin Orie in die lynstane.

Heinrich Pollard was na ’n lang afwesigheid weer sy ou self en het ’n goeie terugkeer in die  nommer 10 trui gemaak. Sy skopwerk en algemene spel was foutloos terwyl die woelige skrumskakel Cobus Reinach ook met sy vertoning tevrede kon wees.

Toe Pollard na 50 minute se spel deur Manie Libbok vervang is het diè Kapenaar gewys dat hy beslis deel van die 23-tal moet wees. Hy het 2 keer akkuraat na die pale gekorrel en ook met lang lynskoppe verseker dat die Bokke hul momentum kon behou.

 

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×