RUGBY –  Die Springbokke het gisteraand in een van die beste wedstryde van die jaar seker gemaak hy dring deur na die halfeindronde deur die Franse Hane met 29 – 28 voor bykans 80 000 toeskouers in Parys te klop.

Dit was ’n meesterlike vertoning deur beide spanne waar daar ook binne die bestek van 30 minute 3 drieë elk deur Frankryk en Suid-Afrika gedruk is.

Die Hane se klein generaal Antoine Dupont was briljant agter die skrum en het die Bokke telkemaal aan die raai gehou terwyl Cheslin Kolbe , Kurt-Lee Arendse , Jesse Kriel en Damian de Allende Suid-Afrika se beste spelers agterlangs was.

Die Bokke se agttal het ietwat kleigetrap maar hier het Franco Mostert ’n uitstaan vertoning gelewer toe hy altesaam 13 duikslae uitgevoer het wat ook die meeste was deur enige speler tot voor rustyd.

Suid-Afrika sal diè naelskraapse oorwinning teen die Les Blues egter vinnig agter die rug wil sit en nou fokus op Engeland wat op hul wag in die halfeindstryd Saterdagaand.

*In die 1ste halfeindstryd  van die komende naweek pak Argentinië en Nieu-Seeland mekaar Vrydagaand met die afskop wat ook om 21:00 is.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×