RUGBY – Namibië gaan ook probeer om die geskiedenisboeke vanaand te herskryf wanneer hy teen Uruguay in die Rugby Wêreldbeker-toernooi te staan kom.
Die hoofafrigter Allister Coetzee vertrou dat hul 26ste wedstryd in diè rugbyskouspel ’n positiewe uitslag sal oplewer maar die Suid-Amerikaners kan hul partytjie bederf aangesien hulle reeds 3 oorwinnings in totaal agter die blad het.
Die Biltongboere het al reeds 219 punte in hul 3 wedstryde afgestaan terwyl die Los Teros onderskeidelik Frankryk en Italië laat swoeg het vir oorwinnings.
Diè wedstryd skop vanaand om 17:45 af.