WB RUGBY  – Die Springbokke het hul Wêreldbeker veldtog op ’n wennoot afgeskop teen Skotland en uitieindelik die wedstryd in hul guns beklink met ’n eindtelling van  18 – 3.

Aanskoulik was dit nie maar getroue ondersteuners is dit eens: ’n wen bly ’n wen en op die ou einde is dit al wat saakmaak om die silwerware weer in te palm.

Die Bokke het oorgenoeg gebiedsvoordeel en balsbesit in die 1ste helfte geniet maar kon met lemoentyd net ’n voorsprong van 3 punte daarvoor wys.

In die 47ste minuut het Pieter-Steph du Toit oorgeval vir Suid-Afrika se 1ste drie en 3 minute later was dit Kurt-Lee Arendse wat na ’n briljante steekskoppie van Manie Libbok in die hoek oorgegaan het vir die Bokke se 2de.

Die Groen en Goud sal beslis diè week meer aandag aan hul skrumwerk moet gee wat teen die Skotte gepla het maar behoort sake uit te pluis vir eerskomende Sondag se 2de wedstryd waar Roemeniè op hul wag om 15:00 (SA Tyd).

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×