Weerkenners voorspel ‘n warm winter vir die grootste gedeelte van die land as gevolg van die El Nino-verskynsel. SABC News berig Suid-Afrika en dele van die kontinent gaan vir ‘n tyd lank nog gebuk gaan onder El Nino wat gelei het tot rekord warm weersomstandighede asook droogte-toestande die afgelope somer.
Joel Chabata, ‘n meteoroloog, waarsku dat dit minder reënval tot gevolg sal hê in winter-reënval-gebiede. El Nino sal teen Junie begin opklaar alhoewel die winter temperature na verwagting hoër as normaal sal bly.