Die weermag gaan ingespan word om zama-zama’s en transitoroof-bendes te help beveg. Die minister van verdediging, Thandi Modise het Donderdagmiddag in die Raad vir Provinsies LP’s se vrae beantwoord en gesê as die weermag die polisie moet ondersteun, is hulle gereed. Modise het Martha Bartlett, ANC-LP geantwoord dat sy en ander ministers belas met veiligheid nog nie die president genader het oor ‘n noodtoestand nie. Departemente soos water en sanitasie , minerale bronne en energie asook menslike nedersetting word ook betrek omdat zama-zama’s mense begin dreig in Gauteng en jong vrouens in Noordwes ontvoer vir ‘n losprys. Hulle meng ook in met waterhulpbronne deur dit na hulle ondergrondse onwettighede te herlei. Modise het gesê die weermag is op ‘n gereedheidgrondslag en sal ook opgewasse wees teen die swaarkaliber-wapens wat zama-zama’s gebruik. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×