Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, of SANW, se hoofkantoor in Pretoria is tydelik gesluit omdat die lugverkoelingstelsel buite werking is. Adv Pikkie Greeff, sekretaris van die SA Nasionale Weermagunie, of Sanwu, het in ‘n verklaring gesê die departement van arbeid het reeds die kantore besoek.

Daar is toe besluit om die gebou weens die erge hitte te sluit. Netwerk 24 berig die bestuur van die weermag is glo ses weke vantevore oor die aangeleentheid ingelig en het die personeel aangeraai om die wetlike roete te volg. Greef het gevra dat daar onmiddellik opgetree word om ‘n gesonde werksomgewing vir perosneel te skep.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×