Die Amerikaanse president, Joe Biden, is vandag op pad na Hawaii, om self die skade gade te slaan wat onlangs hier deur verwoestende wegholbrande aangerig is.

Volgens Maui-amptenary staan die dodetal nou op 114, met ongeveer 1 000 mense wat steeds vermis word.

Luidens Independent is die soektog om slagoffers te vind en te identifiseer, uiters moeisaam – slegs 27 slagoffers is tot dusver uitgeken.

Die families van 16 van hierdie slagoffers moet nog in kennis gestel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×