Welkom se inwoners is sedert Sondagaand weer sonder water. Die keer omdat ‘n amptenaar glo nie die nodige waterklep oopgedraai het nie. Die VF-Plus raadslid van die Matjhabeng munisipaliteit, Manie Pretorius, het gesê die Goudveld-gebied is sedert verlede jaar gereeld sonder water vanweë watertekorte en beurtwater. Pretorius het gesê beurtwater sou tydelik wees maar het nou die norm geword. Die party het ‘n brief aan die munisipale bestuurder, adv Lonwabo Ngoqo geskryf en gevra wat sy plan is om die betrokke amptenary aanspreeklik te hou. Pretorius het gesê Sedibeng Water het vroeër vanjaar na die Vaal-Sentraal-Waterraad verander, maar die probleme bly dieselfde.
