‘n Welkom-man, Farhaz Uddin, het voor die Welkom-gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn waar hy vir die besit van onwettige sigarette ter waarde van R900 000 skuldig bevind en gevonnis is.
Volgens ’n polisie-mediaverklaring het lede van die K9-eenheid in Welkom inligting ontvang oor ’n voertuig wat onwettige sigarette vervoer.
Die polisie het die voertuig gevolg, gestop en deursoek.
Hulle het onwettige sigarette met ’n geraamde waarde van R900 000 gevind. Tydens inspeksie is ook ontdek die vrag voldoen nie aan doeanewetgewing nie.
’n Saak is geregistreer en aan die Valke in Welkom oorhandig, wat uiteindelik tot sy skuldigbevinding gelei het.