Noodreddingsdienste het ’n familie uit die veld langs die pad tussen Welkom en Wesselsbron gered nadat ’n slaggat hulle glo van die pad laat rol het.

Netwerk24 berig die ongeluk het Sondagaand rondom middernag in die donker plaasgevind.

Die direkteur van 1Life911-noodreddingsdienste in Welkom, Lazarus Moshou sê die motor het vermoedelik ’n slaggat hard getref en verskeie kere gerol voor dit in die veld beland het.

Hy verduidelik dat daardie pad het so baie slaggate, en die gras begin al in die gate groei.

Reddingsdienste het twee ure lank na die motor gesoek, aangesien swak selfoonsein dit vir die slagoffers se familie moeilik gemaak het om die presiese plek van die ongeluk aan te dui.

Vyf van die ses insittendes het ligte beserings opgedoen en is na die hospitaal vervoer.

error: Inhoud is beskerm !!