Wanneer dieselverbruikers eerskomende Woensdagoggend wakker word, sal diesel na verwagting teen ongeveer een rand per liter minder in die tenk getap kan word.
Netwerk24 meld indien die balansfondsheffing onveranderd bly, behoort die prys van petrol met sowat twee rand per liter te sak.
As dit waarheid word, sal hierdie die derde grootste brandstofprysverlaging van die afgelope twee jaar wees.