Onder die tema “Verryking van kinders se ervaring met stories en lees” het die Departement van Basiese Onderwys Suid-Afrika, Wêreld Lees Hardop-dag by Albert Moroka Sekondêre skool in Thaba ‘Nchu, Bloemfontein, gevier.

Volgens die Vrystaatse departement van onderwys beklomtoon hierdie viering die belangrikheid van die uitbreiding van toegang tot kwaliteit leesmateriaal in kinders se huistaal, die bevordering van linguistiese diversiteit, en die ondersteuning van literêre ontwikkeling regoor Suid-Afrika.

Byna 250 leerders en 62 skole het aan die dag se aktiwiteite deelgeneem. Die Wêreld Lees Hardop-dag-vieringe sal volgens die departement die hele maand voortduur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×