Minister Naledi Pandor verteenwoordig Suid-Afrika vandag in Den Haag, wanneer die Internasionale Geregshof uitspraak lewer oor Suid-Afrika se versoek vir tussentydse
maatreëls teen Israel.

Suid-Afrika vra dat Israel sy militêre optrede in die Gasastrook onmiddellik moet staak. Dié maatreëls behels om te sorg dat burgerlikes voldoende kos-,water- en mediese voorraad kry en dat Israel hom weerhou van enige optrede om die humanitêre krisis in Gasa te vererger.

Die Hof sal sy besluit om tweeuur Suid-Afrikaanse tyd met die wêreld deel. Daar sal nie vandag uitspraak gelewer word oor Suid-Afrika se volksmoordklag teen Israel nie.

Indien die Hof wel sou beslis dat Israel sy oorlogvoering moet staak, is daar nie ‘n manier hoe dit afgedwing kan word nie. Hamas het aangedui hy sal – indien die Hof dit so gelas – ‘n wapenstilstand eerbierdig, indien Israel dieselfde doen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×