Die Wêreldhof het laat vanmiddag gelas dat Israel dadelik sy militêre offensief in die suide van Gaza moet staak. Netwerk 24 berig Israel moet ook stappe doen om feitesendings toe te laat om bewerings van volksmoord te ondersoek.
Die hof het ook weer gevra vir die onmiddellike vrylating van Israeliese gyselaars in Gaza. Die hof het Suid-Afrika gelyk gegee in sy aansoek op 10 Mei om dringend in veral Rafah in te gryp. Dringende humanitêre hulp moet toegelaat word en Israel moet binne ‘n maand verslag doen oor watter stappe hy gedoen het.