Die Internasionale Geregshof het beslis dat Israel se teenwoordigheid in die besette Palestynse gebied onwettig is en dat dit beëindig moet word.
Die hof het Israel ook beveel om die oprigting van nedersettings in die besette Wesoewer-gebied onmiddellik te staak.
SABC-nuus berig die Wêreldhof het in ‘n ongekende stap Israel veroordeel vir sy beheer oor die gebied waar die staat 57 jaar gelede geproklameer is.
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het in reaksie op die veroordeling gesê die Joodse volk is nié besetters in hul eie land nie – soos hy dit gestel het: nié in hul ewige hoofstad, Jerusalem nie, óf in die land van hul voorvaders, in Judea en Samaria nie.