Oliepryse het vroeg vanoggend gedaal, nadat dit in die voorafgaande verhandelingsessie gestyg het. Hierdie verwikkeling is eendersyds weens die vooruitsig van ‘n aanbodstyging vanuit Rusland, en andersyds as die moontlikheid van inkrimpings is vraag, veraal in produkte soos brandstof vir sekere vliegtuie.
Die Brent-ruolie-termynkontrak vir aflewering in Mei het met 16 sent tot 86-dollar-73 sent per vat gedaal, terwyl dié vir die Amerikaanse West Texas Intermediate, met 13 sent, tot 82-dollar 03 sent gedaal het.
Reuters berig by monde van ontleders van JP Morgan, het albei vier maande hoogtepunte in die vorige termyn bereik. Die neiging is deur laer ru-uitvoere uit Saoedi- Arabië en Irak ondersteun. Wat Rusland betref, het verhoogde uitvoere vir Oekraïense aanvalle, voortgegaan om pryse afwaarts te druk.