Wêreldnatuurbewaringsdag word vandag gevier, terwyl 90% van afval in Suid-Afrika op ashope beland. Suid-Afrika genereer jaarliks nagenoeg 122 miljoen ton afval en so min as 10% hiervan word herwin terwyl 90% by oorvol of disfunksionele stortingsterreine afgelaai word, berig Netwerk24 aldus Kate Stubbs, bemarkingsdirekteur van Interwaste. Die tema vir vanjaar se Wêreldnatuurbewaringsvieringe is die vermindering van plastiekgebruik. Stubbs het gesê gedenkdae soos hierdie is noodsaaklik sodat mense daaraan herinner word dat hulle onlosmaaklik met die natuur verbind is. Elke stukkie afval wat mense genereer, het sy oorsprong in die natuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×