Wêreldrugby het bekendgemaak dat hy wel ‘n klag van ‘n beweerde rassistiese belediging van die Springbok-haker Bongi Mbonambi gaan ondersoek. Volgens Netwerk 24 volg dit nadat die Engelse flank Tom Curry tydens Saterdagaand se wedstryd by die skeidsregter gekla het dat Mbonambi hom ‘n wit k…t genoem het. Wêreldrugby het Maandag in ‘n verklaring gesê hy neem bewerings van diskriminerende gedrag baie ernstig op. Wêreldrugby het bevestig dat die bewering van Curry formeel ondersoek gaan word. Dié sport se internasionale beheerliggaam het gesê geen verdere kommentaar sal gelewer word totdat die proses afgehandel is nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×