Wêreldrugby het Rassie Erasmus vir die tweede keer in een jaar geskors.
Dié keer oor ‘n plasing op die sosialemediaplatform Twitter, ná Saterdag se verloortoets tussen die Bokke en Frankryk in Marseille.
Die omstrede plasing bevat videogrepe wat die foute van die Engelsman Wayne Barnes in die kollig plaas.
Volksblad berig Erasmus, direkteur van rugby van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, of, Saru, mag weens die skorsing nie Saterdag se toets tussen die Bokke en Italië bywoon nie en so ook nie die daaropvolgende volgende Saterdag s’n teen Engeland in Twickenham nie.
Die vorige skorsing was die gevolg van ‘n video wat Erasmus gemaak het van die Australiese skeidsregter, Nic Berry, na afloop van die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse leeus.