Syd Millar, een van wêreldrugby se groot geeste, is gister in die ouderdom van 89 oorlede.

Millar was ‘n voormalige Ierse stut, asook Britse en Ierse Leeus-speler, afrigter en bestuurder.

Nadat hy menige opponente op die veld kafgedraf het, was Millar van 1973 tot 1975 Ierland se afrigter, en het die Leeus in 1974 op ‘n onoorwonne toer in Suid-Afrika gelei.

Hy het die Leeus gedurennde die 1980-toer bestuur, en was ook met Ierland se eerste Rugbywêreldbeker in 1987, aan die stuur van sake. Vanaf 2003 tot 2007 was Millar voorsitter van die destydse Internasionale Rugbyraad, nou bekend as Wêreldrugby.

Hy word sedert 2009 in die internasionale heldesaal vir rugby vereer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×