Werkgewers wat hul werkers minder as die minimum loon betaal, kan as hulle uitgevang word, groot boetes betaal. Deur te dink ‘n werkgewer spaar deur minder te betaal, kan op die ou einde daarop neerkom dat ‘n werker tot soveel as drie keer meer moet betaal aan boetes. Netwerk 24 berig dit blyk uit ‘n seminaar van die departement van arbeid wat in KwaZulu-Natal gehou is, dat stywe boetes in die toekoms vir werkgewers opgelê gaan word. Die boete kan tot soveel wees as twee keer die bedrag wat te min betaal is, of selfs dubbel die maandelikse loon, afhangend van watter bedrag die grootste is. Dit geld vir eerste oortreders en in die geval van vorige oortreders kan die boete tot drie keer meer wees as die maandelikse loon wat aan die werker betaal moet word. Werkgewers wat hulle skuldig maak aan die oortredings se name sal op die departement se maandelikse webblad gepubliseer word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×