Die DA meen werkloosheid is besig om te vryval oral waar die ANC aan bewind is. Die DA se skaduminister oor indiensneming en arbeid, Michael Bagraim, sê werkloosheid bly op kommerwekkende vlakke en dit is steeds in die Wes-Kaap waar Suid-Afrikaners die beste kans het om ‘n werk te kry.
Maroela Media het vroeër berig Statstieke Suid-Afrika het aangekondig dat die werkloosheidsyfer van 32,1% in die vierde kwartaal van 2023 tot 32,9% in die eerste kwartaal van 2024 gestyg het.