Die amptelike werkloosheidsyfer in Suid-Afrika het in die derde kwartaal van 2023 tot 31-komma-nege persent gedaal. Statistieke Suid-Afrika het vandag die kwartaallikse arbeidsmagopname vrygestel. Volgens die data het die aantal werklose persone met 72-duisend tot sewe-komma-agt-miljoen afgeneem. Die aantal werkende persone het in die derde kwartaal met 399-duisend tot 16-komma-sewe-miljoen toegeneem. Die land se amptelike werkloosheidsyfer vir die tweede kwartaal was 32-komma-ses persent. Die opname meet die arbeidsmarkaktiwiteite van mense tussen 15 en 64 jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×