‘n Ma van Gqeberha is as verdagte in hegtenis geneem ná die bewering dat sy die moord op haar seun beplan het om R2 miljoen uit lewensversekering te eis.
IOL berig die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê Shayhieda Dollie, wat werkloos is, het glo probleme ondervind het met haar dwelmverslaafde seun.
Sy het glo saamgesweer met twee individue, “Shaun” en “Oompie,” om sluipmoordenaars van Johannesburg te huur vir ‘n aanvanklike bedrag van R80,000, wat later tot R380,000 gestyg het.
LEES MEER: Vrou in hegtenis vir skietmoord in Gqeberha
Die geld sou gebruik word om die moordenaars te betaal.
Sy staan tereg op aanklagte van moord en sameswering tot moord, en die NVG sal haar borgtogaansoek teenstaan.
Die saak is uitgestel tot 15 November vir profielverifikasie