Werkers van die Mafube munisipaliteit, wat Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling insluit, sal nie vanjaar Kersfees kan vier nie. Die munisipale werkers is volgens Netwerk 24 verlede week per brief ingelig dat hulle nie vir Desember, Januarie en Februarie salarisse sal ontvang nie. Die rede hiervoor is dat die pensioenfonds vir munisipale werkers die hooggeregshof in Bloemfontein genader het om ‘n bevel te bekom om beslag te lê op munisipale rekenings en die gelde daarin. Die skuld aan die pensioenfonds beloop R179 miljoen. Die munisipaliteit se totale skuld beloop R900 miljoen. ‘n Werknemer het aan Netwerk 24 gesê sowat 430 werknemers sal nou ‘n donker Kersfees tegemoet gaan. Mafube munisipaliteit se finansiële probleme kom al oor etlike jare is tans onder administrasie. Hans Pretorius, voorsitter van Mafube First, het gesê die munisipaliteit het die afgelope vyf of ses jaar geen rekeninge vir inwoners gestuur nie, daarom kan hulle nie verwag dat die geldsake kerngesond gaan wees nie. Alles val uitmekaar, het hy gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×