Werkplek mag Covid-19-inentings nou verpligtend maak

Werkgewers mag ‘n beleid instel wat vir verpligtende inentings teen Covid-19 voorsiening maak.

Maroela Media berig, dat hierdie bepalings oor beroepsgesondheid en veiligheid vandag deur die departement van arbeid en indiensneming in die Staatskoerant aangekondig is.

Dit is van toepassing op alle werkgewers, behalwe die wat hulle eie voorskrifte het, soos skepe en myne.

Werkers behou egter die reg om inentings op mediese en grondwetlike gronde te weier, mits die redes gestaaf word.

Volgens Paul Mardon, adjunkhoofsekreatris van strategie en volhoubaarheid by die vakbond Solidariteit, sal hierdie verpligting onwettig wees as die werkgewer ‘n eensydige, arbitrêre besluit afdwing, sonder om ‘n risiko-analise te doen, met werknemers te konsulteer, of hulle besware in ag te neem.

Luister na potgooie hieronder