‘n Wetsontwerp wat poog om die Wes-Kaap die reg op selfbeskikking te gee, is besig om momentum te kry nadat die wetsontwerp Dinsdag aan die provinsie se staande komitee van die premier en grondwetlike aangeleenthede voorgelê is. Die komitee het aanbeveel dat ‘n regsmening oor die wetsontwerp verkry word, berig Maroela Media. Die oud-premier Peter Marais, wat tans ‘n VF Plus lid van die Wes-Kaapse wetgewer is, het dit is ‘n geskiedkundige gebeurtenis beskryf omdat selfbeskikking die eerste keer op dié vlak bespreek word. Volgens die VF Plus is die party se voorlegging, wat gedurende Junie ingedien is, in lyn met die Wes-Kaap se grondwet wat bepaal dat alle volke die reg tot selfbeskikking het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×