Die vernietigende brande in die Wes-Kaap kan grotendeels toegeskryf word aan nalatigheid soos brandende sigaretstompies, oop vure wat die dopgehou word nie, asook die moontlikheid van brandstigting. Colin Deiner, hoof van die Wes-Kaapse rampbestuursentrum, het gister gesê brande wat die laaste tyd deur nalatigheid veroorsaak is, is grotendeels vererger deur die uitermatige hitte en sterk wind wat daagliks gewaai het.
Deiner het aan Netwerk 24 gesê die rampbestuursentrum is ook bewus van sekere bewerings van brandstigting. Die rampbestuursentrum werk saam met die Kaapstad-metro, Sanparke en Cape Nature wat spesialisondersoekers aangestel het om die brande te ondersoeker. Indien die verslae genoegsame bewyse oplewer, sal dit aan die polisie oorhandig word vir verdere optrede.