‘n Olie-lek van ‘n gebarste brandstoftenk op die gegronde MV Ultra Galaxy vragskip, is beperk tot die strand, naby die skeepswrak.

Die vragskip het vroeër die maand, terwyl dit onderweg was na Tanzanië, aan die kus van Duiwegat, net suid van Brand se Baai in die Wes-Kaap gestrand geraak.

News24 berig as gevolg van die naweek se ongure weer, het die vragskip in vier dele gebreek. Opruimingsaksies het reeds Maandag begin en volgens die South African Maritime Safety Authority (Samsa) help die swaar deinings en golwe om die olie onmiddelik strand-af te spoel.

Die weer het ook verhoed dat enige olie seewaarts en verder langs die kuslyn wegdryf. Samsa het bygevoeg dat dit makliker is om die olie uit die sand te verwyder aangesien dit in teerballe gestol het. Hulle sal die omvang van die olie-lek op die omgewing monitor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×