Vriende van die Westdenepark-bewarea maak vordering met die oprigting van ‘n ongeveer 700 m lange heining wat die park skoner en veiliger sal hou.
Netwerk24 berig skenkings het tot dusver 70 m se heining gefinansier, wat ‘n kontrakteur glo binnekort sal oprig.
Die Mangaung Metro Munisipaliteit beplan om vroeg volgende week bome en takke te verwyder waar die nuwe heining kom.
Die park is deur die Westdene-woonbuurtvereniging as deel van Mangaung-parke se Adopt-a-Park-inisiatief aangeneem. Ná opruimings verlede jaar het mense weer ingetrek en skuilings opgerig.
Op 9 Februarie het Vriende van Westdenepark-bewarea glo ’n piekniek in die park aangebied om mense die voordeel van die park bekend te stel.
Die bestuurder van die vereniging, Michael Deutchmann, sê die enigste manier om onwettige bewoning te bekamp is om die hele park te omhein en toegang te beheer.
Die park strek tussen Albrechtstraat en Genl. Hertzogstraat.