Die DA sê die Wysigingswetsontwerp op die Onafhanklike Ondersoekdirektoraat (Opod) maak nie die nodige voorsiening vir voldoende parlementêre toesig nie. Ian Cameron DA-LP en woordvoerder oor Polisie, sê die wetsontwerp verleen mag aan die minister om sy eie kandidate-paneel op te stel, en om self onderhoude te voer vir die aanstel van ‘n Opod-hoof.
President Cyril Ramaphosa het die wetsontwerp vandeesweek bekragtig. By monde van Cameron sal die DA nie ophou om hom vir die onafhanklikheid van die ondersoekdirektoraat te beywer nie.