Die wetgewing rakende die wettige sogenaamde “drinkouderdom” en alkohol, het veranderinge nodig. 

Dit is luidens die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse “Alcohol Policy Alliance”, Aadielah Maker Diedericks, wat gevra het vir ‘n hersiening van die wetsontwerp – veral nadat ontstellende statistieke van die Suid-Afrikaanse Nasionale Demografiese en Gesondheidsopname genoem is, volgens My City Bloemfontein.

Hierdie opname het getoon dat alkohol ‘n groot rol gespeel het in 75% van moorde, 60% van motorongelukke, en 24% van voertuigverwante sterftes en beserings. 

Die wysigingswet, wat in 2016 bekendgestel is, stel voor dat ‘n wettige drinkouderdom van 18 na 21 moet verhoog en ‘n 100-meter radiusbeperking op alkoholverkopings rondom opvoedkundige en godsdienstige instellings in gestel moet word.  

Alkoholverkopings en -advertensies op sosiale en klein media moet verbied word, en ‘n aanspreeklikheidsklousule vir alkoholverkopers moet ingetêl word.

 

 

 

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×