Die Justisie-, misdaadvoorkomigs- en veiligheidsgroepering hetvanoggend in Pretoria inligting bekendmaak oor hul gereedheid vir die algemene verkiesing op 29 Mei. Die Minister van Polisie, Bheki Cele en die ministers van Verdediging, Thandi Modise en Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi het die media ingelig oor die stand van sake. Wetstoepassers sal ontplooi word by die meer as 23-duisend stempunte. Politieke partye het ‘n gedragskode onderteken om ‘n vry en regverdige verkiesing te verseker. Sommige politieke partye het egter gedreig om die stemmery te ontwrig.