Wetstoepassingsagentskappe hoef nie vier maande lank vir president Cyril Ramaphosa te wag as hulle met vervolging wil begin teen mense wat in die Zondo-kommissie se verslag uitgewys is nie. Die Volksblad berig indien hulle meen daar is ‘n goeie saak uit te maak om teen iemand op te tree kan hulle dit doen. Hulle het nie die president se toestemming daarvoor nodig nie. Advokaat JJ du Toit, voormalige adjunkdirekteur van openbare vervolging en getuienisleier van die Goldstone-kommissie, het gesê daar moet onderskeid getref word tussen die regsaanbevelings van ‘n kommissie en sy politieke aanbevelings. Ramaphosa het gesê hy sal in ooreenstemming met die bevel van die hooggeregshof oor vier maande sy plan en die volledige verslag aan die parlement voorlê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×