Wetstoepassingsagentskappe Vrydag in “volle mag” in Senekal verwag

 Wetstoepassingsagentskappe Vrydag in “volle mag” in Senekal verwag

Foto: EWN

Die regering het gewaarsku dat wetstoepassingsagentskappe Vrydag in “volle mag” in Senekal teenwoordig sal wees met die tweede verskyning van die twee vermeende moordenaars van die plaasvoorman Brendin Horner.

Dié waarskuwing volg om ’n herhaling van die “gewelddadige tonele” te verhoed wat afgespeel het met die eerste verskyning op 6 Oktober toe ’n groep mans die landdroskantoor binnegestorm het.

’n Polisievoertuig is ook uitgebrand.

André Pienaar is dié week borgtog geweier nadat hy ook aangekla is van poging tot moord en aanhitsing om geweld te pleeg.

Betogers het ‘n polisievangwa en dele van die Landdroshof aan die brand gesteek.

Pienaar se regspan argumenteer dat hy nie die groep beïnvloed het nie en nie met die ondersoek sal inmeng nie.

AfriForum beplan ’n vreedsame protesbyeenkoms Vrydag op die dorp terwyl baie EFF-lede ook verwag word nadat Julius Malema die week sy lede ook na die Vrystaat opgeroep het.

LeandreAdmin@