Die LUR vir vervoer in Limpopo, Florence Radzilani, sê daar sal tydens die Paasnaweek geen genade betoon word teenoor dronk bestuurders, motoriste met oorlaaide en onpadwaardige voertuie en ander verkeersoortredinge nie. Radzilani het voetgangers gevra om sigbare klere snags te dra en nie te drink en dan te loop nie. Sy het motoriste gevra om meer verdraagsaam op die pad te wees en gereeld te stop om ‘n blaaskans te neem.

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika, of AA, sê ondanks die regering se Paasnaweek-veldtogte vir padveiligheid, neem padsterftes in die tydperk steeds toe. Volgens die AA maak die voortdurende stygings dit onmoontlik om die Verenigde Nasies se internasionale padveiligheidsdoelwit, om padsterftes teen 2030 met die helfte te verminder, te haal. Die AA het gevra dat die teenwoordigheid van verkeersbeamptes met 50% verhoog word en padveilgheidsveldtogte deur die jaar gehou word.    

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×