WGO sê gesondheidswerkers moet voorkeur kry om teen Covid-19 ingeënt te word, en nie atlete vir die Olimpiese Spele nie

 WGO sê gesondheidswerkers moet voorkeur kry om teen Covid-19 ingeënt te word, en nie atlete vir die Olimpiese Spele nie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê gesondheidswerkers moet voorkeur kry om teen Covid-19 ingeënt te word, en nie atlete vir die Olimpiese Spele nie.

Die WGO is tans besig om die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) en Japan se owerhede oor die aanbied van die Tokio-Spele te adviseer Japan sál die Spele vanjaar aanbied, het die land se eerste minister, Josjihide Soega, volgehou nadat beamptes ook verlede week in die Britse Times ontken het dat Tokio enigsins die hoop laat vaar het om die skouspel aan te bied.

Dr. Mike Ryan, uitvoerende direkteur van die WGO, het op ’n nuuskonferensie in antwoord op die vraag of atlete voorkeur moet geniet om ingeënt te word, gesê daar is tans nie genoeg teenmiddels om dit selfs net te gee vir dié wat dit die meeste benodig nie.

LeandreAdmin@