Die Gauteng Departement van Gesondheid doen ’n beroep op dokters en pasiënte  om die onnodige voorskryf en gebruik van antibiotika te vermy ná ’n toename in weerstandigheid. Die departement waarsku dat algemene bakterieë wat infeksies veroorsaak, al hoe moeiliker geword het om te behandel weens die ontwikkeling van weerstand teen antibiotika. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, of WGO, is die kommerwekkende toename in antibiotika-weerstandigheid een van die grootste wêreldwye openbare gesondheids- en ontwikkelingsbedreigings. Die departement se hoof van kommunikasie, Motalatale Modiba, het gesê antibiotika moet net voorgeskryf word wanneer dit absoluut noodsaaklik is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×