WhatsApp sal gedurende Augustusmaand nuwe privaatheidsfunksies beskikbaar stel. Dié aanlyn-kommunikasiediens, wat in die Meta-stal staan, wil sy 2 miljard gebruikers in staat stel om meer keuses rakende privaatheid te kan maak. Voorts sal gebruikers self kan bepaal wie kan sien wanneer hulle aanlyn is. Dit sal ook voortaan moontlik wees om ‘n groep te verlaat sonder dat al die lede van die groep dit kan sien – net die groep-administrateur sal ‘n boodskap ontvang dat iemand die groep verlaat het. Die nuwe privaatheidsfunksies sal deur die loop van die maand in werking gestel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×