Wildbedryf Suid-Afrika is bekommerd oor die minister van Visserye, Bosbou en omgewingsake se konsepwitskrif oor die bewaring en volhoubare gebruik van Suid-Afrika se biodiversiteit. Die bedryf meen die witskrif skep die idee dat die minister haar oog op hul plase en wild het. Die witskrif stuur seine uit oor die onteiening en nasionalisering van alle wild, habitat en grond onder die dekmantel van ubuntu en bewaring. Creecy het die konsepwetgewing in Junie gepubliseer. Luidens ʼn verklaring wat in Junie uitgestuur is kort na die publikasie wil die regering die biodiversiteitsektor transformeer sodat almal daarby kan baat vind.
