Die twee verdagtes wat tereg staan op die moorde van Betsie Kruger en haar kinders by die Byenes-dagsorgsentrum in Wilgehof, het hulle eerste verskyning in die Bloemfonteinse streekhof gemaak. Volgens Netwerk24 het die twee beskuldigdes kapsie gemaak teen die neem van fotos in die hof.
Dit aangesien hulle omsien na jonger broers en susters wat nog op skool is. Hulle het ook bygevoeg dat hulle nog nie aan iets skuldig bevind is nie. Die besware is van die hand gewys. Daar is ook in die hof aangehoor dat die totale waarde van die goedere wat geroof is ongeveer honderd-45 duisend rand beloop. Die beskuldigdes se borgtogaansoeke is tot volgende week uitgestel.