Daar is nou meer tyd vir alumni om inligting te deel oor die beweerde grusame ontgroeningseremonies by die Wilgenhof-manskoshuis van die Universiteit Stellenbosch.

Netwerk24 meld dat vandag se sperdatum tot 8 Maart aangeskuif is. Die land is laat Januarie geruk, toe daar afgekom is op moontlike bewyse van beweeerde omstrede
ongroeningsmetodes, wat luidens sekere bronne glo reeds dekades lank as tradisie in die koshuis voortleef. Foto’s en video’s wys onder meer ‘n vertrek wat deels swart geverf is, met mure oortrek van graffiti.

Talle foto’s en sketse, wat as “erg aanstootlik” beskou kan word, is ook op sosialemedia versprei. Die ondersoekpaneel moet bepaal of enige onaanvaarbare praktyke in Wilgenhof met verloop van tyd deur universiteitspersoneel, alumni of studente verswyg of verberg is. Of die gedrag van enige vorige of huidige studenteleiers of die bestuur van Wilgenhof strydig is met enige beleid, regulasie, reël of die dissiplinêre kode vir studente, maak ook deel van die ondersoek uit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×