Will Zalatoris en Garrick Higgo was in ‘n tweestryd gewikkel om met die gesogte titel van Nuweling van die Jaar weg te stap

Will Zalatoris en Garrick Higgo was in ‘n tweestryd gewikkel om met die gesogte titel van Nuweling van die Jaar weg te stap.

Albei spelers se debuutseisoene het hoogtepunte opgelewer maar die Amerikaner se bestendigheid het verseker dat hy uiteindelik as die wenner aangewys is.

Nie een van die twee jongelinge het aan die begin van die seisoen PGA-lidmaatskap gehad nie maar Higgo het met sy sege in die Palmetto-kampioenskap in Junie volle spelers-regte verwerf.

Die 25-jarige Zalatoris se opmars na die Nuweling-kroon het verlede jaar September begin toe hy danksy die veranderinge aan die kriteria vir die Amerikaanse Ope gekwalifiseer het.

Hy beklee ook tans die 31ste plek op die wêreldranglys.

Luister na potgooie hieronder