Willem Anker is met die 2021 UJ-prys bekroon vir sy roman Skepsel

Die skrywer Willem Anker is met die 2021 UJ-Prys bekroon vir sy roman Skepsel.

In 2015 het Anker ook die prys ontvang vir sy roman Buys, en in 2008 het hy die UJ-Debuutprys ontvang vir Siegfried.

Vanjaar se wenner van die UJ-Debuutprys is Ryan Pedro vir sy digbundel Pienk Ceramic Hondjies.

Volgens die sameroeper van die keurpaneel, Karen de Wet is 71 inskrywings vanjaar ontvang, waarvan 27 debutante was, en inskrywings is van 15 verskillende uitgewers en drukname ontvang.

Die UJ- prys word reeds sedert 2000 jaarliks toegeken aan skrywers van uitsonderlike Afrikaanse boeke.

Die prysgeld vir die UJ-Prys beloop R70 000 en R25 000 vir die UJ-Debuutprys.

Luister na potgooie hieronder