Willem Postma het die top-posisie behaal as beste laerskool by die Mangaung Metro Onderwysdistrik se “Well Done”-funksie.

Die funksie is gister by ‘n skool in Botshabelo gehou en lewendig uitgesaai op sosiale media.

Op Willem Postma Primêre skool se Facebook-bladsy bedank die skool sy onderwysers, ouers en leerlinge wie se harde werk hulle glo hierdie prestasie moontlik gemaak het.

Die skool voel dat hul 2024-prestasies in tale en wiskunde die grootste bydrae gelewer het om hierdie toekenning te verower.

Met die Vrystaat-distrikte wat ’n slaagsyfer van meer as 90% behaal het, het die tweede plek aan Grey College se primêre skool gegaan, met Oranje Meisieskool in die derde plek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×